
Om vir ander om te gee, gee hoop!
Dis moeilik genoeg om eienaarskap vir my eie emosies en praatwerk te aanvaar. Wanneer ek dan ook verantwoordelikheid aanvaar om ‘n maat se hart te beskerm is dit ongelooflik waardevol en soms moeilik.
So baie keer as daar konflik is, wys ons vinger om onsself te verdedig en die aandag weg te vat van ons eie onsekerheid en skaamte oor ons foute maak. Dan maak ons mekaar seer met woorde waarmee ons onsself bewapen. Soms as ons magteloos en moedeloos is, gebruik ons sommer ons vuiste ook!!
Dan op die slagveld van konflik bly verminkte seer harte agter. Met ons woorde bevestig ons dikwels wat ons kinders van hulself dink. “Ek is stupid. Ek kry niks reg nie. Ek maak nie saak nie. ” Hierdie interne kerngedagtes waaruit my kind en ek met my eie interne kerngedagtes reageer, kan blitsvinnig tot ‘n punt eskaleer waar ons mekaar vernietig!
Ons tree dan op uit ‘n gevoel dat ons, onsself moet beskerm.
Wat sou gebeur as ons kinders leer dis okay om foute te maak? Dit kan sien as ‘n groei geleentheid? Indien ons so kan leef, foute sien as leergeleenthede, neem ons verantwoordelikheid vir ons eie keuses en optrede. Dan begin ek groei en herskryf ek my interne kerngeloof wat dalk nie heeltemal korrek is nie.
Verantwoordelikheid begin binne in myself. Om eienaarskap te aanvaar vir wat ek doen en te leer daaruit. Dis ‘n ongelooflike uitdagende, maar waardevolle innerlike groei, wat myself en mense om my kan bemagtig en oplig.
Liewe Ouer dit begin binne jou! Jy het die mag om jou eie en jou kind se interne kerngeloof positief te herskryf.
Eienaarskap vir my eie optrede bemagtig my teen boelies! Dit lei tot emosionele groei en vrede!
Kom ons leef verantwoordelik met omgee harte! Mag elke voetspoor wat ons in mense se harte los hul laat glimlag en hoop!!